Omtrent Noordskool

  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

By Noordskool vind kinders ‘n omgee omgewing. ‘n Omgewing weg van die grootmense se gewoel oor belasting, slaggate en oorlewing. Hier kan hulle kind wees en die pad van grootword saam ervaar. Dit is ‘n skool waar oudleerlinge hulle kinders kom inskryf. Dit is ‘n skool waar die gemeenskap verkies dat hul kinders se oor gewoond raak aan goeie Afrikaanse en goeie Engelse taalgebruik. Die skool beweeg binne die klaskamers saam met die e-wêreld vanaf krytstof tot geprojekteerde beeld en klank. Noordskool se kenmerkende Matie maroon, geel en blou kleure is waarneembaar by vele kunswedstryde, kompetisies en skolebyeenkomste. Die skool is geleë in ‘n groen versorgde estetiese gebied waar die akkerbome die skool omsoom. Dit is die kleurvolle sintetiese netbal- en tennisbane wat die groen speeloppervlaktes afwissel om ‘n duidelik skoolstempel op die omgewing af te druk. Elke kindertalent kry hier ontwikkelingsgeleenthede vanaf slegs deelname tot prestasies op nasionale vlak. Onderrig, afrigting, erkenning en aanmoediging hou tred met elke kind se talente en ontwikkelingsfases vanaf Graad R tot Graad 7. Noordskoolkinders word by Sekondêre Skole verwelkom omdat hul basiese vaardighede en ontwikkelingspeil voldoen aan Hoërskool standaarde. Noordskool verkry juis sy naam deur die rigtinggewende toekomsgerigtheid eerder as sy Vrystaatse noordelike ligging.